

Dozi
Dozi is ‘n Afrikaanse musiek-ikoon. Dié sanger en TV-persoonlikheid is in 1964 in Hluhluwe in Natal gebore en is grootgemaak om Zoeloe vlot te praat. As student het hy saans in kroeë en klubs opgetree, wat daartoe gelei het dat hy voortdurend in lesings ingesluimer het, wat hom die bynaam “Dozi” besorg het. Hy het sy eerste Zoeloe-album, Mercy, in 1999 vrygestel en het prominent geword vir sy weergawe van Chris Blignaut se ”Ou Ryperd” en sy eerste Afrikaanse album, Op aanvraag in 2001 vrygestel.
Donderdag 27 Februarie – 19:00
Arena


Herman Kleinhans
Herman Kleinhans is ‘n liedjieskrywer van Patensie, ‘n klein dorpie in die Oos-Kaap. Herman se liefde vir musiek was van ‘n jong ouderdom af duidelik. Hy het in ‘n musikale familie grootgeword en was omring deur die ryk erfenis van Afrikaanse kultuur en musiek. Herman het begin optree by plaaslike geleenthede en feeste, en vinnig erkenning gekry vir sy uitsonderlike talent en passie vir musiek.
Donderdag 27 Februarie – 20:00
Arena


Radio Kalahari Orkes
Die Radio Kalahari Orkes is ‘n Suid-Afrikaanse orkes onder leiding van die akteur Ian Roberts, wat ‘n mengsel van musiekstyle opvoer, wat fokus op Kaaps-Maleise en tradisionele Afrikaanse style. Met outentieke akoestiese instrumente soos blikkitaar, bekfluitjie, banjo, mandolien, viool en trekklavier het hulle teen 2011 die albums Stoomradio, Die Nagloper, Opgestook, Heuningland en ‘n grootste treffers-album Grootste Treffers, vervaardig.
Donderdag 27 Februarie – 21:00
Arena


Robbie Wessels
‘n Grapjas is hy beslis, maar dis ook daardie ander sielvolle kant wat hom oor die jare ‘n groot gunsteling onder aanhangers gemaak het. Oorspronklik, humoristies, diep: Dit is die drie woorde waarmee Robbie Wessels se werk beskryf kan word. “Afrikaanse musiek is nog een van my liefdes en ek hoop dat ek ‘n bydrae kan lewer. Dit is ‘n plesier en ‘n eer om vir die land en sy mense op te tree.” Robbie is as Vrystater gebore en het op ‘n plaas buite Kroonstad grootgeword, as Kapenaar gematrikuleer en as Gautenger het hy sy diploma in Drama gewerf. In 2002 het hy bekend geword as die karakter Poena en in 2005 verras hy die land met sy talent as sanger en liedjieskrywer met die album, My vissermanvriend se pa. Hierdie album het 120 000 kopieë verkoop. Van daar het hy van krag tot krag gegaan.
Vrydag 28 Februarie – 19:00
Arena


BlackByrd
BlackByrd is ‘n poptrio van Kaapstad. Die groep bestaan tans uit Tarryn Lamb, Tasha en Tasché. BlackByrd se klank is stewig gewortel in popcountry met ballades oor liefde en hartseer.
Vrydag 28 Februarie – 20:00
Arena


Brendan Peyper
Brendan, die 28-jarige jong sangsensasie wat spog met ‘n hele rits ranglystreffers, topklas-verkope en ‘n tjoken- blok optredeskedule, is gebore in Bloemfontein, hy het op sy familieplaas grootgeword en op veertienjarige ouderdom begin kitaar speel. Vanaf 2015 is hy een van die bekendste Suid-Afrikaanse sangers. Hy was ook op die TV-program Op my Eish.
Vrydag 28 Februarie – 20:00
Arena


Riann Benadé
Riaan het as liedjieskrywer in die musiekbedryf begin spore trap. Dié veelsydige kunstenaar is nie net skrywer vir van Coleske Artists se grootste sterre nie, maar ook vir homself met sy debuutalbum, Spontaan. In 2023 was hy die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat deur Spotify self genader is om ’n eksklusiewe Spotify-enkelsnit vry te stel.
Vrydag 28 Februarie – 22:00
Arena


DJ CRAZY
Ná die groot sukses en ‘n stampvol kuiertuin die laaste 2 jaar is DJ Crazy weer terug. Die kans is groot dat jy hom al êrens by ‘n geleentheid raak geloop het, hetsy ‘n troue, funksie of nagklub. Hy het ook die afgelope jaar ‘n hele paar enkelsnitte vrygestel en kan nou op plekke soos Spotify en ander digitale platforms gevind word. Sien jou op die dansvloer, in die kuiertuin, elke dag na die vertonings.
Donderdag tot Saterdag na kunstenaars
Kuiertuin


Chris Steyn
Sy persoonlikheid, rasperstem en plakkies is wat maak dat die wenner van Die Kontrak seisoen 3, Chris Steyn, se aanhangers so verlief geraak het op hom. Dié oud-Affie het vir die eerste keer op ’n verhoog geklim tydens sy deelname aan dié gewilde sangkompetisie. En binne ’n paar maande het hy gegaan van onervare kunstenaar tot by een van die gewildste kunstenaars by Afrikaans is Groot.
Saterdag 1 Maart – 18:30
Arena


Ivan Roux
Ivan is ‘n multi-platinum sanger en liedjieskrywer wat sy musikale reis aangepak het deur gehore in klein kroeë te boei. Deur die jare het hy opgetree in gesogte arenas, by privaat funksies en verskeie ander lokale. Ivan is vir die tweede maal by die Bieliemieliefees.
Saterdag 1 Maart – 20:30
Arena


Jan Rhaap
Jan Rhaap is bekend vir sy oorspronklike Afrikaanse musiek wat hy so eerlik en opreg as moontlik skryf en sing. Jan het begin om opskudding in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf te maak met die vrystelling van sy debuutalbum Laaste kans. Die liedjieskryfproses is baie belangrik vir Jan en hy skryf graag oor dinge en mense wat hy in sy eie lewe ervaar en beleef. As jy hou van rou en eerlike musiek, soek nie verder as Jan Rhaap nie. Jan Rhaap is ‘n selfopgeleide kitaarspeler wat bekend is vir sy rasperstem
Saterdag 1 Maart – 21:30
Arena


Ruhan du Toit
Ruhan du Toit is ‘n bekroonde Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer van Pretoria. Hierdie gewilde musikant, bekend vir sy bekoorlike, energieke verhoogteenwoordigheid en indrukwekkende vier-oktaafstem, het die afgelope drie dekades ‘n beduidende stempel op die plaaslike en internasionale musiekbedryf gelaat. Hy is net so deel van die Afrikaanse kultuur soos biltong en koeksisters.