WEN TOEGANG KAARTJIES (06/12/2017)

Jy kan nou naweek-toegang kaartjies WEN na die fees deur slegs ons Facebook-blad te besoek en die maklike vragies te beantwoord van verskeie kompetisies.  Daar is hope kaartjies, so maak seker jy gaan gereeld terug om te kyk vir nuwe kompetisies.  Besoek ons Facebook-blad hier....

____________________________________________________________________________________________________________

KYKNET-SEPIESTERRE KOM KUIER (06/12/2017)

Feesgangers kan uitsien om skouers te skuur met 'n aantal sepiesterre wat by die 2018 fees kom kuier.  Onder andere kom die gewilde Sean van Noordwyk beter bekend as Reitz en Marijke van der Westhuizen beter bekend as Fafa se vrou in Getrout met rugby kuier.  Je-ani Swiegelaar (Naomi) en Germandt Geldenhuys (Louis Koster) van die bekende sepie Binnelanders kom ook kuier.  Feesgangers kan hul ontmoet en 'n foto of twee neem voor hul saam die sterre aan lekker boeresport deelneem.  Hier kom verseker groot pret saam die bok-vir-sport sterre.

____________________________________________________________________________________________________________

KWALIFISEER NOU VIR COMRADES OF TWO OCEANS MARATHON

Vir die eerste mal dien die marathon by die 2018 fees as 'n kwalifiserende wedren vir die Comrades en Two Oceans Marathon.  Jy kan kom deelneem aan die 42km, 21km, 10km of 'n 5km pretstap met R15 000 se kontant prysgeld op die spel.  Sien die inskrywingsvorm vir meer inligting. 

_____________________________________________________________________________________________________________

KYKNET KOM AANBOORD (17/10/2017)

KykNet het bevestig dat hul vanjaar aanboord is as borg, wat beteken dat jy sal kan skouers skuur met van jou gunsteling sepiesterre. Feesgangers kan die Saterdag aan Boeresport deelneem saam die baie gewilde Binnelanders se akteurs.  Kyk ook uit vir die kamera span en sien jouself dalk later op die TV.

________________________________________________________________________________________________________________

TENTEDORP BIED KAMPEERPLEK (09/10/2017)

Vir die eerste keer word ’n tentedorp aangelê met 193 kampeerplekke waar Bieliemieliefeesgangers kan tuisgaan teen so min as R500 per persoon vir die hele naweek. Hierdie fooi sluit ook jou toegang tot die Bieliemieliefeesterrein in. Maar jy sal moet gou spring as jy ’n staanplek soek, want die belangstelling is groot.

________________________________________________________________________________________________________________

SNOTKOP KOM KUIER WEER! (01/10/2017)

Na verskeie navrae en die groot suskes met Snotkop se vertoning by die 2016 fees het die komitee dit goed gedink om hom vir twee agtervolgende jare te nooi om saam te kom kuier.  Met die groot sukses van sy nuwe album HKGK beloof dit om weer een vir die boeke te wees.  Besoek Snotkop se weblad hier.

Vinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.x
Vinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.x